96ste Oscar-toekenningsaand

  96ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 10 Maart 2024
Plek Dolby-teater, Hollywood
Aanbieder Jimmy Kimmel
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Oppenheimer
Beste regisseur  Christopher Nolan
Beste akteur  Cillian Murphy
Beste aktrise  Emma Stone
Meeste pryse  Oppenheimer (7)
Meeste benoemings  Oppenheimer (13)

Die 96ste Oscar-toekenningsaand is op 10 Maart 2024 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2023. Jimmy Kimmel het dit vir die vierde keer aangebied, ná 2017, 2018 en 2023.[1]

Die kultuurverskynsel "Barbenheimer" het altesaam 21 benoemings gekry (8 vir Barbie en 13 vir Oppenheimer). Dié twee prente het in ses kategorieë met mekaar meegeding, insluitende vir beste prent.[2][3][4] Oppenheimer het die meeste gewen (7).

Verskeie veterane wat benoem is, sluit in Steven Spielberg, wat sy rekord vir die meeste benoemings vir beste prent tot 13 verhoog het;[5] Martin Scorsese, wat sy 10de benoeming vir beste regisseur gekry het en die oudste benoemde in dié kategorie geword het;[6] en die komponis John Williams, wat sy 54ste benoeming gekry het.[7][8]

  1. Rose, Lacey (15 November 2023). "Oscars: Jimmy Kimmel Back as 2024 Host". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2023. Besoek op 15 November 2023.
  2. "The 95th Academy Awards (2024) | Nominees". Academy of Motion Picture Arts and Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2024. Besoek op 23 Januarie 2024.
  3. D'Alessandro, Anthony (23 Januarie 2024). "Barbenheimer Ongoing Brawl Extends Beyond Box Office to Oscar Nominations". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2024. Besoek op 23 Januarie 2024.
  4. King, Andrew (25 Januarie 2024). "With the Oscar Nominations in, There's No Chance Oppenheimer Loses Best Picture". TheGamer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2024. Besoek op 26 Januarie 2024.
  5. "Steven Spielberg Receives Record 13th Oscar Nomination for Best Picture". A.frame. Academy of Motion Picture Arts and Sciences. 23 Januarie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2024. Besoek op 23 Januarie 2024.
  6. Hibberd, James (23 Januarie 2024). "Martin Scorsese Nominated for Record 10th Director Oscar, Passing Steven Spielberg". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2024. Besoek op 23 Januarie 2024.
  7. White, Abbey; Perez, Lexy (26 Januarie 2024). "Oscars: America Ferrera, Colman Domingo, Lily Gladstone, and John Williams Among 2024 Nominee Milestones". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2024. Besoek op 28 Januarie 2024.
  8. Hammond, Pete (23 Januarie 2024). "Bradley Cooper Reacts to Seven Oscar Nominations for Maestro, Including Three of His Own: 'It's Very Surreal'". Deadline Hollywood. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2024. Besoek op 23 Januarie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search